Home Zonkie About Zonkie Safety & Security About Montessori Gallery Testimonials Contact Us
Home  |  Zonkie  |  About Zonkie  |  About Montessori  |  Gallery  |  Testimonials  |  Contact Us  |  Sitemap

Hi Ronel


I want to reiterate:


Both my kids, Alex and Megan Tarantal, attended Zonkies from age 2 till grade R.  Kathi and I attribute much of their academic, social and spiritual success, to the input they received while at Zonkies. You did not just spoon feed them but you taught them to think and apply. Alex received 7 distinctions for matric at St Albans. He has just completed his first year mechanical engineering at UCT and made the Dean’s list as a top performer. He has been chosen as head student of his res of 200 students for this year. Megan is now in Matric and she is in the top two in her grade at St Mary’s DSG. She is one of leaders for this year and has received a week ago, honors for academics and music. She wants to study medicine.


Kathi and I will forever be grateful for the impact that you had on our kids’ lives. Often when one invest in this way, you do not see the results because they move on but we want to take the time to thank you for the investment in our kids’ lives. You have convinced me of the importance of ECD in this country and I hope our leaders respond appropriately.


The Lord bless you and the other teachers. Your labour in the Lord is not in vain.


Peter Tarantal




Liewe Ronel en Zonkie personeel,


Ons is baie hartseer om afskeid te neem van jou veilige hawe, waar ons Henk elke oggend met n geruste hart kon aflaai met die wete dat ons kind werklik in goeie hande is.


Ons waardeer die toewyding en erns waarmee julle elke kind behandel, geweldig.  Julle het nie alleen daartoe bygedra om Henk akademies skoolgereed te maak nie, maar veral het hy kosbare lewensvaardighede deur julle aangeleer, wat ek as ma nie sou doen nie, soos bv. die hantering en oplossing van konflikte, selfrespek en respek vir andere se lewensruimtes, leergierigheid, ens.


Dit het ook baie vir my beteken om enige tyd met vrymoedigheid na julle te kon gaan met probleempies en vir raad en dat julle altyd so bereid was om volledig terugvoer te gee oor  hom.


Ons gaan julle baie mis as vriendinne, mede-opvoeders van Henk en die emosionele en geestelike veiligheid wat ons in julle skool ervaar het.


Len en Inge




Dearest Ronel,


This is one of the hardest partings we ever had to cope with and this is because of the person you are.


Maepa and I are very grateful and will remain eternally grateful for knowing you through Tumelo and Boitumelo.  Words cannot express our deepest feelings of gratitude for the love you showed to us and our family.


We have both seen the progress, development and change in their lives, simply because of the special person you are.


We also appreciate the warmth all of your staff has shown to us and especially to the little two.


It is God’s work and mission to put people like you in our paths and you’ve touched our family with love.  We are grateful and very blessed.


Nomea and Maepa.




Liewe Zonkie-span,


Hierdie is n dankie-sê briefe wat uit my hart kom.


In die besigheidswreld waarin ek werk, is dit moeilik om God raak te sien, omdat geld die god is en dit mense se optrede bestuur.


Gister kon ek n stukkie hemel ervaar – om kinders deur God geskape so te kan sien sing en dit geniet ook, is mos hemels?  Ek besef dat julle God se hande is wat die kosbare kinder-instrumente leer hoe om te speel in die orkes van die lewe.  Dankie dat jul, jul roeping vervul…


Dankie ook vir wat jul vir Gina die afgelope vier jaar gedoen het – in die goeie en die moeilike tye,  dankie vir sagte hande, wanneer sy en ek dit nodig gehad het, maar ook vir jul eerlike en reguit woorde om seker te maak haar toekoms is veilig.  Ek wens dat ek kon betaal vir wat julle doen maar dit is wêrelds.  Daarom bid ek God se liefdes-seën op jul en dit wat julle doen.


Liefdegroete,


'n Dankbare-mamma-hart.




Dear Ronel,


We would like to thank you for the opportunity to observe at the school.


We were very impressed at the way the children are encouraged to work independently, while still enjoying very individual attention from their teachers.


It was also heart-warming to see how the children help one another.  At a time when the future seems so uncertain, it is a comfort to us to know that at least in the here and now Roxanne is getting such a good start to her education.


We appreciate all the effort you put into making the school such a special place for the children.


Mike and Anette.




Liewe Ronel en die Zonkie personeel,


Dis moeilik om aan mense wat so ‘n groot positiewe invloed op ons kind uitgeoefen het, dankie te sê.  Julle het werklik hierdie klein mensie wat ons drie jaar gelede by die skool afgelaai het, gevorm deur liefde, geloof, kennis en ervaring.  Eienskappe daarvan kan ons nou reeds in haar lewe sien.  Baie dankie vir die wysheid waarmee julle haar (en haar ouers!)  hanteer het.


Jaco en Marti




Dear Ronel and Zonkie staff,


We would like to take this opportunity to thank you most sincerely for all the effort, dedication and love you have demonstrated toward our little one.  She certainly is very happy at her “home away from home”.  Tina’s language skills, self-confidence and character have truly blossomed at your school and I have no doubt that this is a direct result of your efforts at Zonkie.


Frank and Gita.




Liewe Ronel en Zonkie personeel,


Die hartseerdag van groet het aangebreek.  Baie dankie vir julle eindelose geduld veral tydens die tydperk wat Edward besig was om aan te pas.  Dankie ook vir dit wat julle vir hom op geestelike vlak geleer het.


Dit was vir ons ‘n belewenis om te sien hoe julle met die kinders werk – so onselfsugtig liefde gegee en julle taak so geniet.




Liewe tannie Ronel en die Zonkie span,


Min het ons geweet toe ons die Zonkie Skool binnestap vroeg in 2010 watter hegte vriendskapsbande ons sou bou!  Ons voel kompleet soos familie!


Kenners sê nie verniet die belangrikste deel van n kind se opvoeding is die eerste 7 jaar nie.  En wat n voorreg was dit nie vir Karli om dit saam met die Zonkie-span te kon meemaak nie.


‘n Christelike grondslag was vir ons die belangrikste, gevolg deur die Montessori-manier van doen, kwaliteit juffrouens, ‘n veilige omgewing en laastens koste.  Presies wat julle by die Zonkies bied!  En soveel meer, want as eerste ouers was ons maar dommerig met kind-grootmaak en was julle leiding en raad van onskatbare waarde.


Nou vier jaar later moet ons afskeid neem…


En alhoewel Karli baie opgewonde is oor en BAIE gereed is vir die nuwe uitdagings van Groot Skool wat wag, is ons almal bietjie hartseer ook.




Hallo Ronel en Erica,


Zonkie Montessori Kleuterskool is alles wat hulle beloof om te wees en meer.


Elke keer wanneer ek daar instap, word ek getref deur die absolute rustigheid en kalmte van die skool, wat ook in die kinders weerspieel word.


Die heerlike groot speel area, met onder andere sandputte en klimrame, is 'n paradys vir die kinders, en onderwysers Erica en Ronel is altyd daar om te help - met 'n groot glimlag.


Ek dink vir enige ouer is dit belangrik om te weet dat die belange van hulle kinders eerste gestel word, en ek kan met absolute eerlikheid se dat daar min skole is wat die liefde, warmte en respek vir kinders so uitleef as die personeel by Zonkie Montessori Kleuterskool.


Groete


Machel Streicher


Die Witjassies/Little Lab Coats




It has been a privilege and joy to provide a gross motor sport as an extra-mural activity at Zonkie Montessori for the past few years. We have been impressed with the general ambience of the school with a sincere Christian basis and a structured, well-planned and disciplined programme. Over the years we have seem many children make wonderful progress. I frequently recommend the school to parents, who are looking for a placement for their children in the area. Thank you, Ronel and your competent staff for the support and co-operation that you have always shown to us. Best wishes for the future of the school.


Sincerely,


Lorraine Lilley


Y Sports



Our Testimonials (Please e-mail your testimonials to: info@montessori-zonkie.co.za)

Website developed by: 1249.896